Stuur roofdiere terug na die natuur

Die E-Shepherd eenheid is normaalweg in bystand-modus. Wanneer die skaap wat die eenheid dra gesteur word en buite sy normale patroon beweeg, sal die halsband aktiveer.

Die geaktiveerde halsband sal 'n alarm uitstuur wat besonder irriterend is vir 'n jakkals of rooikat, sowel as helder flitsende ligte wat die roofdier ontsenu en disorienteer. Dit breek die ritme van die aanval en weer die roofdier af.

Omdat 'n skaap 'n maklike prooi is, sal die jakkals of rooikat van nature weer probeer aanval en weer afgeweer word, totdat die roofdier weer op 'n natuurlike prooi sal begin konsentreer. Op so 'n manier word die roofdier aangemoedig om natuurlike jagpatrone te volg, soos rotte, muise, tarentale en hase.

Die eenheid

Toe die produk ontwerp is, het ons gepoog om 'n produk te skep wat koste-effektief is en wat onafhanklik funksioneer, maar wat ook sterk is, weerbestand is en min onderhoud verg.

Die halsband is gemaak van sterk, verstelbare, asemhalende materiaal met 'n klein eenheid wat LED ligte en 'n hoë frekwensie sensor bevat, asook 'n vervangbare battery. Die battery het 'n benaderde leeftyd van 14 maande, afhangende van hoe gereeld die halsband geaktiveer word. Dit is maklik om die halsband aan te sit en die halsband kan maklik verwyder word na die diere wat die meeste risiko dra, veral in lamtyd.