Stuur roofdiere terug na die natuur

E-Shepherd is getoets oor 'n periode van drie jaar onder verskeie veld en boerdery omstandighede, asook op verskillende rasse skape en bokke. Die produk bly suksesvol om roofdiere af te weer en uiteindelik die aantal aanvalle op 'n kudde te verminder.

Ons proewe gee verslag oor afnames in kudde-verliese en beserings as gevolg van aanvalle. Die jongste onafhanklike studies wys ook belowende en opwindende resultate wanneer dit teen luiperds gebruik word.

Ons proewe het aanvanklik gefokus op 'n koers van 1 halsband per 10 ooie en 1 halsband per 8 ooie in rasse waar die skape verder uit mekaar uit wei. Meer onlangse verslae van verdere indersoeke en veld ondervinding wys at die koers aangepas kan word volgens die ras van skaap, die plaasomgewing en die grootte van die kamp en kudde en die teenwoordigheid van bergagtige en bosagtige terrein.

Ons werksaamhede met boere in die veld het ons die geleentheid gegee om buigbaar te wees in die ontwerp van die produk en om die behoeftes van kliente in ag te neem om 'n kwaliteit, innoverende en effektiewe eindproduk te ontwikkel. Ons nuwe eenheid is pas op die mark vrygestel en inkorporeer die raad, aanbevelings en observasies wat ons ontvang het van verskeie proewe en veldverslae oor die afgelope 4 jaar.

01